Teenagers

9780799378993Al wat ek weet

Marita Van der Vyver

(LAPA, 2016)

“Ek’s dazed and confused, ek’s naar en deurmekaar dis al wat ek weet, dis swaar en dis waar”… Gabriel , die vyftienjarige verteller in die verhaal hou van lirieke skryf vir rap songs. Hy is ‘n alleen kind- ma oorlede, sy pa in ‘n inrigting na haar dood; sy beste vriend is Robert McLachlan , ‘n begaafde ou.
Hy dink hy is heeltemaal “opgefok”- nou bly hy by sy ouma Lenie-“sy freak my uit, sy’s soos ‘n time traveller uit die verre verlede”-selfone of internet bly vir haar ‘n duister wêreld. Hy mis ook die flieks wat hy en sy ouers saam gekyk het; sy ouma kyk net “al die gemors” op tv.
Vrydagmiddae het hy ‘n gereelde afspraak met die kopdokter Diana. Met die Vrydag besoek ontmoet hy Sasha- Sneeuwitjie met ‘n edge”. Soos hy het sy emosionele issues; hy vind ook uit dat sy haarself sny- hy het ook eenkeer homself probeer sny maar is betrap deur sy tante, ‘n matrone.
Sy vriendin Helen moedig hom aan om aan “performance poetry” deel te neem. Sy beoog om ook by hul skool ‘n klub te begin. Hy moet optree om ander kinders te inspireer om poësie te geniet.
Gabriel se uitdagings in die verhaal is om sy woede oor sy ma se onnodige dood te verwerk; sy pa te aanvaar, emosioneel te groei en te werk aan ‘n moontlike verhouding met Sneeuwitjie sonder om sy beste vriendin te verloor; om verder te ontwikkel as rap song skrywer en genoeg selfertroue te kry om op te tree voor ‘n gehoor.
Gaan hy “soos ‘n vervelige boek gedrop word” deur Sasha? Of sal sy besef hy is hot as hy gedigte voordra, maar ook “cool” die res van die tyd?
Al wat ek weet is ‘n goed gebalanseerde verhaal wat nie oordrewe emosioneel of tranerig is nie. Die hoofkarakters ontwikkel en groei tot groter volwassenheid; die rap rympies spreek boekdele en reflekteer Gabriel se emosies en issues.
Die boek was die naaswenner in LAPA se jeugroman-kompetisie en Van der Vyver skryf onderhoudend –dit is die eerste keer dat rap prominensie in ‘n jeugverhaal in Afrikaans kry. Die boekomslag is besonder treffend en die ontwerper verdien ‘n kompliment.

Resensie deur Lona Gericke


9780799377248Die meisie op die dak

Cecilia Steyn

(H&R, 2016)

‘n “Nuwe, aaklige, giggelgeel kombuis”, ‘n nuwe tuiste in een van die “goorste buurte” op die dorp.
Estelle moet vrede maak met die feit dat haar pa wat in die tronk is omdat hy van geld verduistering aangekla is, sy en haar ma nou hier laat beland het. Dan is sy nog hoofmeisie by haar skool in die rykmansbuurt; en die matriekjaar lê voor! Stel jou net voor die geskinder van kinders wat sy sal moet verduur.
Maar die nuwe huis bring ook ‘n lekker kuier-kat Cornelius; ‘n aantreklike donkerkop seun Aiden met ‘n voorliefde vir dak kuiertjies en skilder; toevallig toe ook die nuwe seun in haar matriek-klas.
Hierdie is ‘n debuut jeugverhaal en “werk” want die skrywer laat geen van die struikelblokke in Estelle se lewe oorneem nie. Haar aanslag bly lig en lesers sal ingetrek word deur die ontluikende vriendskap tussen Estelle en Aiden. ‘n Mens kry die gevoel dat Cecilia Steyn wesenlik ‘n romantikus is; sy wil liefde laat sëevier en die leeservaring lig en lekker hou.
Die pragtige omslag van die meisie op die dak is ‘n wenner en maak jou lus om die boek te lees! Welkom tot die wêreld van jeugboeke geskryf vir die genot van lees, Cecilia Steyn! Jy kan maar.

Resensie deur Lona Gericke


9780798173711---Tienerharte-3-Hartedief

Hartelief 3

Cecilia Steyn

(H&R, 2016)

Die derde titel in ‘n reeks vir tieners – Hartklop en Hartbreker het reeds verskyn. En weereens gaan dit om hartsake- Lisa se verhouding met Thomas is verby. Hy is ‘n dwelmverslaafde wat haar met ‘n probleem gelaat het, n geheim wat sy moet wegsteek. Estian ontmoet haar weer in Stellenbosch waar sy nou modeontwerp studeer en hy is gedetermineerd dat sy sy meisie gaan word; wat ookal die geheim is wat sy nie wil verklap nie.
Die gebruiklike resep van drama en tienerliefde; die onsekerheid, hartstog en misverstande wat so skielik gebeur … sal gewild wees by lesers van liefdesverhale.

Resensie deur Lona Gericke


9780624080435---Jenna-en-die-leesperd

Jenna en die leesperd

Marga Jonker

(Tafelberg, 2016)

‘n Baie gewilde perde-reeks waar daar reeds 5 titels verskyn het. Jenna se droom om Meg Kingsley se nuwe skouspringruiter te word word verpletter toe sy gediagnoseer word met Scheuermann se sindroom- haar rug groei in ‘n boog en perdry is voorlopig van die baan.
Sy word egter betrek by terapieperde wat kinders help wat gestrem is. Jenna kry die opdrag op vas te stel watter van die perde is leesperde, en tot haar verbasing is die verhaal van Pippie een waarna die perde met oorgawe luister! En toe Dash Elzé se broer haar betrek by sy jonger sussie Nienke se leesprobleme, laat hy haar hart “soos tjoklits voel en laat hy handevashou soos warm poeding smaak”.
Lekker ontspanningsleesstof, gemaklike skryfstyl en die karakters is oortuigend.

Resensie deur Lona Gericke


4402198-m

Snitch

Edith Bulbring

(Tafelberg, 2016)

Thirteen year old Ben Smith, alias Snitch, has an excellent, trustworthy, compatible relationship with his single parent Mom and (sometimes) boyfriend Uncle Charles. They have always been able to openly discuss the issues experienced in growing up through his primary years. However, during his first year in high school this changes considerably.
Edyth Bulbring has her finger on the pulse of young teenagers as she records the eighteen rules from Snitch about what will have to change through puberty.
Tackling the changes in her approach to clothing, Snitch warns his readers that mother’s choice of clothing at the wrong time can be too embarrassing for words. Allowing her to choose one’s clothes as in early childhood and then marking them for easy identification can be disastrous.
He warns of the various obstacles of communication and warns his readers not to allow Mom to look at Facebook messages; talking to teachers and then trying to fight his battles when problems arise can do more harm than good. Girlfriends are a personal matter and it is not necessary for Mum to answer calls, make dates and then to interrogate him after the event.
His emphasises that Mums can be embarrassing. Going shopping and going to the doctor are out!
No longer is it necessary for Mum to control his finances.
And very definitely, he is too old for goodnight cuddles.
Finally, he comes to the conclusion that life is complicated and that there are some things that Mom need never know.
In a light-hearted manner, Bulbring offers some serious advice to her readers.
For those old enough to remember Adrian Mole, aged 13 ¾ , this is a case of move over Adrian….here comes Snitch.
Recommended!

Review by Audrey Hitchcock


Leopard calling

Charmain Kendal

(Maskew Miller Longman, 2016)

This exciting , if fairly predictable, adventure story is set in the Western Cape town of Citrusdal, close to the rugged Cederberg Mountains. We meet 17 year old Sharma in the middle of the night as she prepares to flee from the home that she shares with her mother and cruel stepfather, Hendrik.
Lonely and afraid she hides out in a cave in the Cederberg Mountains where her special connection with animals and her affinity wi

th nature help her to survive. One day, on a brief visit to town, she sees an advert for a job at an animal shelter , Vincent recognises her “ Animal Kin, and hires. Here she finds refuge, support and romance.
Sethu, who works at the shelter, becomes suspicious of her behaviour, he doesn’t trust her and realises she is hiding something important and dangerous. The story races along and Sharma must take huge risks to help the leopards and uncover the truth behind her stepfather.
This is book is clearly aimed at schools: at the back is a study guide with discussions on themes, character development , pre reading questions and questions on all the chapters among other teaching aids. I am not a fan of this as it makes the novel feel like a textbook but I can see the value to teachers.
Simple language, short chapters, well chosen font size, themes of conservation, especially related to leopard, a touch of magical realism and the chemistry between Sharma and Sethu should make this book appealing to even the most reluctant readers.
Many people judge a book by its cover. I am not sure that this cover, a photograph of a leopard’s head, will appeal to young adults who in m

y experience, seem to like covers of other young teens.<hr />
This book has been awarded the winner of the 2016 MML prize for literature.

Review by Kathy Madlener


666820987Oorlogwinter

Jan Terlouw

Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo

(PROTEA, 2015)

Hier bied die skrywer ‘n lekker geleentheid vir jeugdiges en ook volwassenes om ‘n verhaal oor gebeure in die Tweede Wêreldoorlog te lees wat jy moeilik kan neersit. Die vertaling is gedoen in Afrikaans wat amper “ouderwets” klink en juis so getrou bly as ‘n aanvaarbare vertaling van die Nederlandse teks.
Michiel is die hoofkarakter- ‘n 15-jarige seun wat op sy eie manier ‘n persoonlike versetbeweging voer teen die Duitsers. Hy help die duisende vlugtelinge deur fietse en ander vervoermiddels te herstel; help kos vind vir die honger mense, en die verhaal word meer opwindend en spanningsvol wanneer hy verantwoordeliklheid neem vir die versorging van ‘n Engelse vlieënier in ‘n versteekte skuilplek. Sy suster raak ook betrokke met die verpleging van Jack.
Maar hy help ook ‘n Jood en sy seun om te ontvlug. Daar is onvergeetlike en dapper karakters soos die interessante barones Weddik Wansfeld wat haar verset teen die Duitsers; Michiel se vriend Dirk wat gevange geneem word; die raaiselagtige dood van die Duitse soldaat vir wie se dood Michiel se pa ook doodgeskiet word; Schafter wie Michiel oortuig is ‘n verraaieris. En sy oom Ben? Oom Ben se identiteit word ook ‘n verassing.
Die spanningslyn word goed gehandhaaf tot die einde; die verhaal word ‘n ontroerende boodskap van dapperheid en verset teen oorlog. Die boodskap dat oorlog soveel smart veroorsaak word telkens gedemonstreer in die verhaal: “ Sy pa was reg toe hy gesê het oorlog beteken honger, trane,ontberings, angs, pyn…”Terselfdertyd is daar die boodskap van hoop en dat jy iets kan leer van die oorlog, dat daar iets aan oorlog is waarop jy die res van jou lewe kan steun- die onblusbaarheid van die menslike gees.
Soos Michiel en Dirk finaal besluit:” Net een ding het sin”. “Om nooit weer in ‘n oorlog te veg nie, net teen oorlog”.
Oorlogswinter sal inderdaad ‘n leemte vul by Afrikaaanse jeugverhale.

Resensie deur Lona Gericke


51tkVkeIDVL._SY346_Elevation 1: The thousand steps

Helen Brain

(Human & Rousseau, 2016)

Grounded in a drowned post-apocalyptic world, the first part of Helen Brain’s Elevation series blends myth and futuristic dystopian fiction in a fast-moving initiation tale. From its dramatic opening, Elevation: The Thousand Steps draws the reader into the protagonist sixteen-year-old Ebba’s complex journey to discover her history and forge her future. We travel with her as she is elevated from the underground bunker to live on her family’s farm above the ground on Table Island. Emerging from the colony deep within Table Mountain, she is propelled into the role of land owner in a strange society where she has to learn new rules to survive before those, with more cunning and a darker purpose, determine her future. Can she save herself and her friends? How can she navigate the rough seas of emotion as she is swept along by the desire to belong and find love? Who can she trust? What is the meaning of her unique birthmark and what mysterious powers does her

necklace

contain? All of these questions and more are evoked as Helen Brain’s strongly drawn characters come to life and carry us along in the first part of this trilogy. Packed with tension and cleverly woven glimpses into Ebba’s past which forecast her future, this uniquely South African youth novel leaves one anticipating further cosmic adventures.

Review by Kate Whittaker


miscast_trans_teen_novel1

Miscast

Charmain

e Kendal

(Junkets, 2015)

From his earliest memories Caleb has felt miscast – finding himself squeezed uncomfortably into a body that doesn’t suit. He’s constantly surprised to see a girl looking back at him in the mirror. Now, from the vantage point of 15 years, he tells the story of his struggles to understand himself and find a place.  Just when he thinks he has weathered the worst a teen party shatters his hard-won peace.  Using her skills as a dramatist, the author structures Caleb’s  story in a series of episodes or scenes  – using the device of Shakespeare’s  seven ages of man to recount the key landmarks on his inner journey.   Knowing that the book is “important” and “groundbreaking” in its choice of theme, I picked it up wi

th some misgivings – fearing that it might be one of those “problem” books that are didactic tracts  thinly disguised as fiction.  But Caleb – or Cathryn as he is at the start – soon pulled me in and I swallowed up the book in one sitting.  The directness and sincerity of Caleb’s first-person accounts, as well as the clever pacing of the storyline, make it a satisfying read I think for most teenagers.  The book has strong messages for its adult readers on the ordeals that confront any young school-goer who is “different” and that are aggravated by the power of today’s pervasive social media.

On putting down the book I can’t help thinking of the plight of the miscast children who will not have Caleb’s good-fortune in his understanding mother and the resources to take refuge in the gentler environment of a small private school.  The book should be compulsory reading for all our teachers.

Review by Genevieve Hart


minimusMinimus

Lilli Thal

(Protea, 2015)

Vanaf ‘n rustige toneel waarin die toekomstige heersers van Monfiel insluitende die kroonprins Florin na sprokies sit en luister, ontwikkel hierdie lywige verhaal na ‘n boeiende meesleurende vertelling van die kroonprins se gevangeniskap in Vinland, die koningkryk wat met Monfiel in ‘n oorlog gewikkel was.  Florin ontvang die tyding dat ‘n vredesverdrag gesluit is en gaan op uitnodiging na Vinland vir ‘n vredesfees. Daar ontdek hy dat sy pa , koning Philip , en sy gevolg gevange geneem is. Florin word verdoem deur Koning Theodo om as hofnar opgelei te word deur Mimus- die gemene raaiselagtige hofnar.

So word dit die verhaal van Florin die hofnar. Mimus leer hom lawwe toertjies doen, grappe vertel, rympies voordra terwyl hy soos Mimus onder haglike omstandighede in strooi slaap en gedurig honger lei. Vir selfbehoud doen hy mee; vermaak die koning en sy gevolg, ook sy bekoorlike dogter prinses Alix. Terselfdertyd probeer hy sy vader wat gevange gehou word besoek. Sal hulle ooit gered word uit hierdie gevangeniskap?

‘n Verhaal wat enduit boei. Die skrywer het ‘n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis. In 2004 is die boek met die Deutscher Jugenliteraturpreis ( Duitse jeug-literatuur prys) beoordeel. Om die uitgewer aan te haal:

“Mimus is ‘n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel ‘n enkele hofnar wat terselfdertyd lig en donker verteenwoordig.”  Geskikvir jeug-12-18 jaar, maar ook vir volwassenes wat ‘n storie geniet waarin jy jou tande lekker kan inslaan. Hoogs aanbeveel.

In Afrikaans vertaal deur Amelia de Vaal

Resensie deur Lona Gericke


van-manenbergVan Manenberg met liefde

Mike Michaels

(Protea, 2014)

Graffiti teen ’n muur in Manenberg lees soos volg: “Family issie ding van die hart”.
Jay bly in n skakelhuis by Ma Koba in Manenberg. Hy het die Los$Boys “gedrop”,en hy weet Alpha ,die bendeleier, gaan baie ontevrede wees as hy hoor van sy voorneme om in Observatory te gaan bly en aan UCT te gaan studeer met die beurs wat hy gekry het vir maatskaplike werk. Hy moet kies, maar die drang bly sterk om ’n plek in ’n gang-familie te hê.
In ’n verwaarloosde Victoriaanse tweeverdiepinghuis huur hy ’n kamer by Michelle. Hy hoor dadelik ’n baba huil.
So begin ’n hele nuwe avontuur vir Jay Plaatjies. Want Michelle verdwyn spoorloos en Jay word agtergelaat met ’n baba wat versorg moet word. Sy vriendin Rasheeda probeer hom help met die versorging van die kind, maar die eienaar raai hom aan om die baba na die polisie of die welsyn te neem. Dan lees hy ’n koerantopskrif wat vertel dat ’n bendeoorlog dreig op die Kaapse vlakte. Hy weet Alpha en die Lo$Boys gaan betrokke wees. Hy besluit om te wag tot die baba se ouers terugkeer, maar dit gebeur nie. Waar sal die baba veilig wees? Die bendegeweld neem toe, en Alpha vra Jay om weer by hulle aan te sluit; hulle het iemand met verstand nodig in die groep.  Maar Jay is vasbeslote om nie weer by die bende betrokke te raak nie. Maar ten einde die baba na veiligheid te bring moet hy verby die bendes tot by Ma Koba se huis kom.

Hierdie verhaal het my beïndruk want daar is ’n sterk gevoel van opregtheid aanwesig. Jay is as toekomstige maatskaplike werker oortuig dat hy die baba moet beskerm en selfs moet aanneem. Hierdie oortuiging spruit ook deels uit die feit dat hy self gevoel het soos ’n weggooi kind; hy wil dit nie aan hierdie onskuldige baba doen nie. Terselfdertyd het hy ’n mate van jojaliteit teenoor die Lo$Boys; Alpha was sy vriend en ook beskermheer. Daar is dus gedurigdeur ’n tweestryd in Jay.

Ek dink dat die verhaal tog ’n kykie gee in die lewe en omstandighede van gangsters, en ook hoe dit vriende raak wat emosioneel en vanwee lojaliteit betrokke is, hoewel hulle nie self wil deelneem aan bendegeweld nie. Die aanwending van die spesifieke dialek en taalgebruik werk ook, en in die geheel lees die verhaal lekker en word die spanningslyn goed gehandhaaf. Jay die mens oortuig; selfs as enige regsdenkende mens sy gedrag as uiters ongewoon sal sien en dalk ook nie as geregverdig nie. Nogtans is Van Manenberg met liefde vir my ’n boek met waarde en word hier ’n mooi lewensles geleer.
Oorspronklik gepubliseer in 1998 as Lost Boys. Hierdie publikasie is in Afrikaaans verwerk deur Willem van der Walt en Mike Oberholzer.

Resensie deur Lona Gericke