Op my planeet

Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje); ’n Brulpadda in my tas; My boetie dink hy’s Batman; Kougom in my hare; Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers. En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Description

Maak gereed vir hope rympiepret op Jaco Jacobs se planeet! Dis ’n plek waar jy wurms met tamatiesous op die spyskaart kan verwag, waar ’n brulpadda in jou tas kan beland, of jou boetie ’n alien kan wees.

Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk! Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei.

Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende: Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje); ’n Brulpadda in my tas; My boetie dink hy’s Batman; Kougom in my hare; Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers. En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus!

Additional information

Illustrator

Zinelda McDonald

ISBN

9780799390636

Award

IBBY Honour List

Award Nominated for

EB IBBY SA Picture Book Illustrator Award 2019

Publisher

LAPA Uitgewers